Ilse van Staden

HTS TUINE TROTS OP OUD-LEERLING

HTS TUINE is baie trots op Ilse van Staden, oud-leerling van die skool. Sy het meer as 80 wedstryde vir die Blou Bulle se vrouerugbyspan gespeel en het ook onsuksesvol 3 keer aan Springbokproewe deelgeneem.

Byna soos C J Stander, het sy ook uitgewyk na Ierland waar sy vir Munster vrouerugby gespeel het. Met haar verblyf-kwalifikasie in orde, kwalifiseer sy om vir Ierland op die veld te draf.

Op die 21ste Januarie draf Ilse in ‘n nie-amptelike opwarmingswedstryd vir Ierland op die veld teen die Walliese vrouespan.

Gedurende die week, word sy amptelik opgeneem in die Ierse vrouerugbyspan wat in die sesnasietoernooi teen ander internasionale spanne sal speel.

Ons is baie trots op Ilse van Staden en hou haar prestasies in die internasionale arena met arendsoë dop.

Welgedaan!!

About htstuine