Matriekuitslae 2016

100% SLAAGSYFER VIR 2016 MATRIEKS!

H T S Pretoria-Tuine se 2016 matrikulante maak geskiedenis met hulle 100% slaagsyfer.
Nie alleen word H T S Pretoria-Tuine met hierdie 100% uitslag as die top Tegniese Skool in die hele Gauteng aangewys nie, maar klop hy die volgende hoërskole met betrekking tot slaagpersentasie:

  • Hoërskool Overkruin 99,6%
  • Hoërskool Wonderboom 99,6%
  • H T S John Vorster 99,5%
  • Hoërskool Akasia 99,4%
  • Hoërskool Elandspoort 98,0%
  • Hoërskool Tuine 93,6%
  • Hoërskool Gerrit Maritz 93,6%
  • Hoërskool Pretoria-Wes 90,8%
  • Hoërskool Hercules 90,4%

Hierdie is ‘n absolute mylpaal in die skool se geskiedenis.

Ons gee alle eer aan Ons Hemelse Vader vir Sy genade en liefde.

Die dertiental onderwysers het baie baie hard gewerk en baie ekstra ure ingesit om hierdie prestasie te behaal.

Let asseblief op by ‘n aantal laerskole en in die Wonderboompoort pryk die geel advertensieborde waarop daar met die 100% slaagsyfer gespog word.

Hierdie uitslag is des te meer prysenswaardig, deurdat byna die helfte van al die matrikulante met Wiskunde en Fisiese Wetenskap op hul matrieksertifikate kan spog. Daarbenewens het ondersteunende vakke soos Ingenieursgrafika en Ontwerp (ou Tegniese Tekene) en Elektriese – Meganiese – en Siviele Tegnologie hul matrieksertifikate des te meer uitsonderlik gemaak. Met hierdie vakke is hulle gesog in die arbeidsmark en staar werkloosheid (anders as ander vakke) hulle nie in die gesig nie.

Leerders uit ‘n tegniese skool en met nege (9) verskillende tegniese vakrigtings om uit te kies is baie meer gesog in die arbeidsmark en word H T S Pretoria-Tuine gereeld deur tegniese-gebaseerde instansies genader om aan matrikulente werksgeleenthede aan te bied!

About htstuine