Tuis
Op

 

 

Ander Tuistes
Wikipedia - Afrikaans
Wikipedia
 Mieliestronk
Skooltake
Speel 20Q
Besigheid Ontwikkelings Fonds

H.T.S. Pretoria-Tuine Geskiedenis

Historiese oorsig

1961Oprigting van geboue
1962Eerste hoof – Mnr A.H van ZYL,

Meubels was daar nie personeel moes eie bring om sit en skryf moontlik te maak.

252 leerlinge is ingeskryf tussen standerd 6 tot 8.

196328 Januarie opening van die skool. In ‘n leë werkwinkel in die westelike vleuel, tans deel van Houtbewerking, het 252 leerlinge en die 22 personeellede bymekaar gekom.

Mnr. BBJ Coetzee het voorgelees uit Psalm 48 en ‘n gebed gedoen.

1964Mnr JJ Viljoen word as hoof aangestel en mnr CE van der Merwe as visehoof (Tegnies). Skoolwapen en Skoollied word op Raadsvergadering goedgekeur, eerste prysuitdeling word gehou en die eerste jaarblad uitgegee.
1966Rugbyveld en atletiekbaan word ingewy en so ook die boorgat gesink.
1967Wet 41 wetgewing gepasseer beroepskole na die Provinsies oorgedra.Twee rugbyvelde word ook amptelik in gebruik geneem en twee tennisbane voltooi. ‘n Hulpfonds is ook gestig vir behoeftige leerlinge.
19681 April kry die skool ‘n besoek van die Direkteur van Transvaalse Onderwys, Mnr. AJ Koen, asook die Assistent-Direkteur Dr. AL Kotze.
1969 Reeds 664 leerlinge ingeskryf gehad. Mnr AL Kotze kondig aan dat Standerd 7 leerlinge aan al vyf die beroepsrigtings onderrig moet ontvang, leerders kan dan finale keuse in standerd 8 maak.
1972HTS PTA Tuine is 10 jaar oud en ‘n Gedenkblad word uit gegee. Fondse word gein vir ‘n skoolbus mnr. JJ Viljoen se ideale is verwesenlik.
1974Mnr. JJ Viljoen is oorlede na ‘n lang siekbed. Die skool se leerlingtal styg na 959.
1975BBJ Coetzee, wat adjunkhoof was, word aangestel as hoof. Leerling getal styg na 981.
1976Nuwe vleuel word aangebou , Gimnastieksaal en nuwe atletiekbaan.
1977Oprigting van ‘n ingangshek(kunstenaar,Johan van Heerden ontwerp ‘n hek wat simbolies en esteties by die skool aanpas.
1978Toelating van dogters word ‘n ernstige besprekingspunt.
1979Die nuwe vleuel is voltooi en oorhandig.
1981Aan die einde van ‘n baie suksesvolle loopbaan tree Mnr. Coetzee af. (1975-1981). Die skoolsaal word na hom vernoem, die Ben Coetzee-saal.
Derde kwartaal word Dr. MJ van Wyk aangestel as vierde hoof van skool.
1983Dr. MJ van Wyk word bevorder tot inspekteur van onderwys te Middelburg.
Mnr. AI de Ridder die Adjunkhoof, neem waar as hoof.
1984Mnr de Ridder word aangestel as hoof. Mnr IF Vos is as Adjunkhoof.

Die eerste vier dogters word toegelaat.

Die pawiljoen word op 26 Oktober in gebruik geneem.

‘n Gedenkblad word uitgegee.

1987Onder leiding van Mnr. PS van Emmenis word die rugbyveld se spreiligte opgerig.
1988Ons skool wen die sangbeker op Pilditch.
198921 Maart word die hoeksteen van die AI de Ridder-lokaal gelê.
21 Augustus word die lokaal amptelik In gebruik geneem.
1992Rekenaarsentrum word in gebruik geneem en die skool is amptelik ‘n Model C-skool.
2003Die skool is 40 Jaar oud.
2006Mnr. A.I. de Ridder tree af op 31 Desember.
2007

Mnr. I.F. Vos word as die 6de hoof aangestel.

2010Mnr. I.F. Vos tree af einde 2010
2011Mnr. D.B.  Maré  tree op as waarnemende hoof vir eerste twee skool termyne.
2011Mnr. J.H. Pieterse word aangestel as die 7de hoof van HTS Pretoria Tuine - Begin 18 Julie 2011