KURRIKULUM Om `n Hoërskool te kies is een van die belangrikste besluite wat `n ouer en leerder moet maak. Sy/haar rol in die arbeidsmark gaan deur `n skoolkeuse bepaal word. Tegniese Onderwys maak deure in die arbeidsmark oop. Tegnologiese skole (soos H.T.S. Pretoria-Tuine) is beslis akademies van aard - trouens Wiskunde en Fisiewetenskappe is tans verpligte vakke. Aan die einde van 5 jaar akademiese onderrig en praktiese opleiding in die ingenieurs-, vervaardigings- en tegnologie-studievelde is daar meer keuses en geleenthede vir leerders van `n Tegniese Hoërskool. Tegniese onderwys is die paspoort tot sukses in `n veranderende Suid-Afrika. Aangesien die Tegniese Studierigting gespesialiseerd is, beskik H.T.S. Pretoria-Tuine oor vakspesialiste en doelmatige toerusting wat `n waarborg vir hoëvlak onderrig en opleiding verseker. Tegnologie en Ingenieursgrafika en -Ontwerp (Tegniese Tekene) word hier in Graad 8 en 9 op so `n hoë vlak aangebied dat leerders `n besliste voorsprong het bo leerders in die nie-Tegniese Hoërskole. Die gevolg van bogenoemde is dat u kind meer gespesialiseerde en uitgebreide onderrig en opleiding ontvang, sodat die oorgang na die gespesialiseerde ingenieurs-rigtings wat vanaf Graad 10 geneem word, gemaklik geskied. ___________________________________________________________________________ Sien asb die Skool Kalender 2012 vir datums en verdere inligting. Graad 8 en 9 - Uitkoms Gebaseerde Onderrig (UGO) - Verpligte Leerareas
- Taal Geletterdheid en Kommunikasie:
- Afrikaans Primêre Taal
- Engels Addisionele Taal
- Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe
- Natuurwetenskappe
- Menslike - en Sosiale Wetenskappe
- Ekonomiese - en Bestuurs- Wetenskappe
- Tegnologie: (Meganies, Elektries, Siviel, Grafiese Ontwerp en Kommunikasie)
- Kuns en Kultuur
- Lewensoriëntering
- Verryking vakke
- Rekenaarvaardigheid
- Bybelonderrig
___________________________________________________________________________ Graad 10, 11 en 12 - Verdere Onderwys en Opleiding (V.O.O) - Verpligte vakke (4)
- Afrikaans Huistaal
- Engels Addisionele Taal
- Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
- Lewensoriëntering
- Keuse vakke (1)
- Elektroniese Tegnologie
- Meganiese Tegnologie
- Siviele Tegnologie
- Vakke aangebied (2)
- Ingenieursgrafika-en Ontwerp
- Fisiese Wetenskappe of Besigheidstudies
- Vak na-uurs aangebied
- Rekenaar Toepassings Tegnologie
- Verryking Vakke
Let Wel: a.`n Leerder neem dus 7 vakke b. By `n Tegniese Hoërskool is een van die Tegnologie vakke (Ingenieursvakke) verpligtend. c. Hoërskole in ons onmiddellike omgewing mag volgens Departementele voorskrifte nie tegnologie vakke (Keuse Vakke) aanbied nie. ___________________________________________________________________________ AKADEMIESE VERRYKING Graad 8 - 12 - Olimpiades in die volgende vakke:
- Afrikaans
- Geskiedenis
- Rekenaars
- Tegnologie
- Wêreldkennis
- Wetenskap
- Wiskunde
- Tweetaligheidseksamen (Afrikaans en Engels)
|