| SPORT Ons is besonder trots op ons sportsterre. Daar word gereeld toere en kampe aangebied ter verryking van die leerders se vaardighede. Die balans tussen die akademie, sport, kultuur en ander aktiwiteite is van uiterste belang. Gesonde liggaam huisves `n gesonde gees. SPORTPROGRAM Sien asb die Skool Kalender 2012 vir datums en verdere inligting. Daar sal aktiwiteitsperiodes geskep word om massa-deelname te bevorder. U as ouer/voog moet u kind motiveer om betrokke te raak.
LW: Daar is geleentheid vir sport deelnemers om na 15:00 van skool busvervoer gebruik te maak. |