GRAAD 8’s
Die eerste paar weke by Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine is altyd vol opwindende aktiwiteite waaraan die graad 8-leerders moet deelneem.

Die Graad 8-leerders het die 16de Janaurie 2018 by die skool bymekaar gekom om die Tekkieraad en skoolterrein te verken.

Die naweek het die Graad 8’s sommer lekker saam met die Tekkieraad en JuniorTekkieraad op die skoolterrein gekamp.
Ons glo dat hulle dit baie geniet het, en vriendskapbande gesmee het wat ‘n leeftyd gaan hou.

Die oriëntering is afgesluit met die Groentjiekonsert. Die Graad 8’s het die lewe van leerders van HTS Pretoria-Tuine uitgebeeld. Die aand het tot ‘n einde gekom waar die Graad 8’s as ware Tekkies tydens die tradisionele klokseromonie ingelyf is.

Advertensie

Advertensie