As deel van die jaarlikse bekendstellingsprogram van die nuwe graad 8-leerders word daar ‘n groentjiekonsert gehou.

Die nuwe graad 8’s, onderleiding van die Tekkieraad, het die jaar na baie swoeg en sweet ‘n konsert uit die boonste rakke op die planke gebring.  Die groentjiekonsert het oud en jonk vermaak met talle pittighede, tonele, dans en sangitems.

Na die afloop van die groentjiekonsert het elke graad 8-leerder die geleentheid gekry om onderdeur die seromoniele klok te loop en hom te lui.  Op die manier het die graad 8’s vir ons gesê, “Ek is hier, ek is ingeklok en reg om my beste te doen vir die skool en myself.  Die hoof en die hoofleiers het die graad 8’s se hande geskud en hulle is in die skool verwelkom as ware Tekkies.

Advertensie

Advertensie