Hierdie hoogtepunt op die skoolkalender vind plaas op 30 en 31 Augustus.  Die kleedrepetisie is op 29 Augustus na skool.

Al die grade neem deel en daar heers ‘n groot opgewondenheid.  Geskeduleerde oefeninge vind plaas op Woensdae gedurende graadopening, asook Woensdaemiddae na skool vanaf 14:00 tot 15:15, asook addisionele oefentye soos bepaal deur die onderskeie groepe.

Daar gaan gesing, gedans, musiekinstrumente bespeel en toneel opgevoer.

Die onderwysers beplan ook ‘n verrassing waaroor die gehoor lekker sal lag.

Die volgende onderwysers is betrokke met die afronding van items:

Mej Isel   &   Mnr Fouché

Gr 8

Mev Beukes   &  Mev Oosthuizen

Gr 9

Mev Appelgryn

Gr 10

Mev Lombard

Gr 11

Mev Van der Merwe

Gr 12

Toegang:     R30 per sitplek

Ondersteun ons asseblief!  Bring die hele gesin om te kom kyk!!

MEV S OOSTHUIZEN

ORGANISEERDER

Interesante Gebeure & Aktiwiteite!

Golfdag 2017

Golfdag 2017

Advertensie

Advertensie