Die volgende sportsoorte word aangebied by HTS Tuine Tegnies:

  • Atletiek;
  • Hokkie;
  • Jukskei;
  • Netbal;
  • Rugby;
  • Skaak;
  • Sokker;
  • Tafeltennis.

HTS Pretoria-Tuine is baie trots op een van sy oudleerlinge en rugbyspelers, Willie Engelbrecht, wat in die Goue Leeus se Super Rugbyspan opgeneem is. Saam met Springbokkaptein Warren Whiteley is hy die agsteman.

Willie het vir Tukkies gespeel en verlede jaar vir die Pumas uithaler spel in die Curriebekerreeks gelewer. Ons hou sy rugbyloopbaan met groot belangstelling dop.

Willie is verloof aan die sangeres, Franja du Plessis.

Die Tiere van HTS is baie trots op Willie!

HTS Pretoria-Tuine is as beste sportskool in die hoërskole kategorie vir 2017 aangewys. Met die provinsiale toekennings het ons ook die tweede plek in Gauteng ingeneem. Ons is baie trots op hierdie puik prestasie!

Advertensie

Advertensie