Sporthoof: Mnr D B Maré
Organiseerders: Mev A Collins  &  Mnr C S van der Nest

Afrigters:

Diskus: Mnr C S vd Nest
Gewigstoot: Mnr W Strydom
Hekkies: Mev M vd Merwe  &  Mnr G Pretorius
Hoogspring: Mnr J C Muller
Langafstande: Mev W Bouwer
Middelafstande: Mev W Bouwer
Naellope: Mnr W Cawood
Spiesgooi: Mnr B Delport
Verspring: Mej A Dippenaar  &  Mev B Beukes

Spanbestuurders:

Basisbeampte: Mev M vd Merwe
Hekkies (Kort): Mnr W Cawood
Spronge (Lank): Mej A Dippenaar
Worpe (Middel): Mnr B Delport

Admin Personeel:

Meriete: Mevv M van Deventer  &  A Collins
Spanlyste: Mev A Cocklin
Stoorman: Mnre B Delport  &  J C Muller
Versus: Mevv M van Deventer  &  A Collins

Atletiek word in die eerste en vierde kwartale beoefen. Daar word egter al in die derde kwartaal begin met die voorseisoen om die atlete voor te berei vir o.a. die TOP byeenkomste.

Daar is vroeg in Januarie reeds twee tuis byeenkomste asook verskeie vriendskaplike byeenkomste. Dit berei die atlete voor om hulle beste op die Intertegnies en Interhoer byeenkomste te gee. Verskeie atlete het goeie plekke gekry. Die hoeveelheid persoonlike beste tye en afstande is ‘n aanduiding dat daar met elke byeenkoms verbeter word.

Met die Interhoer het ons ‘n algehele derde plek behaal nadat daar tot kort voor die einde om die eerste plek meegeding is.
Verskeie atlete is in die Distrik span opgeneem en atlete is al genader deur klubs soos Tukkies. Dit bewys dat die aktiwiteit by die skool van krag na krag gaan.
Die fokus is om ‘n liefde vir atletiek te vestig deur vir atlete die geleenthede te skep om hulle beste te lewer. Dit kan net gedoen word deur gefokusde afrigting, goeie mededinging teen sterk teenstanders te skep, en die lekker van die sport te beklemtoon.
Daar word uitgesien na nog ‘n seisoen waar die atlete hulle beste sal lewer.

 

Advertensie

Advertensie