Sporthoof: Mnr D B Maré
Organiseerders: Mev K Adendorff

Afrigters:

O/16 Seuns:
O/19 Seuns:
Dogters:

Ons skool spog met twee seunspanne asook ‘n dogterspan wat aan hokkie deelneem vanaf Januarie tot Junie.  Die seuns speel liga en die gemengde ouderdom dogterspan gaan vanaf 2018 ook liga speel.

Leerders wat hou van spansport geniet die aktiwiteit.

Hokkie vereis bal-en-stokvaardighede asook ‘n skerp intellek om strategies die opponent “uit te oorlê”.  Fiksheid is ook van kardinale belang en daarom is die hokkieseisoen amper ses maande lank.

Vir die eerste keer in die skool se geskiedenis het ‘n dogterspan aan die hokkie-liga deelgeneem. Die belangstelling het in so ‘n mate gegroei dat daar uiteindelik twee dogtershokkiespanne in die veld gestoot kon word. Heelwat dogters het hokkie sowel as netbal gespeel.

Die eerste-dogterspan het hul ligawedstryde almal gewen en slegs een gelykop gespeel teen Pretoria Chinese School. Dus was hulle met die intrapslag liga-wenners! Welgedaan! 

Zilaine van der Linde het aan die Bokkieweek deelgeneem. Die span is deur ons skoolhoof, Mnr Maré afgerig.

Advertensie

Advertensie