Sporthoof: Mnr D B Maré
Organiseerder: Mev A Nel
Hulporganiseerder: Mej A Dippenaar

Afrigters:

O/14:
O/15: Mej A Dippenaar
O/16: Mev B Beukes
O/19: Mevv M Botha  &  A Cocklin

HTS Tuine se netbal het gegroei van ‘n nederige begin met slegs een junior en een senior span in 2001 tot twee spanne per ouderdomsgroep in 2017 (met die uitsondering van 0/16 wat in 2018 twee spanne sal wees). Ons twee weervaste bane is in 2017 deur ‘n weldoener opgegradeer en ons netbalstoor is deur die afrigters en hul spanne verfraai.

In 2017 het ons na die A-liga van ons distrik opgeskuif en onder andere ‘n 2e en twee 3e plekke verower. Ons het ook vyf dogters as skeidsregters opgelei en hulle het vir ‘n groot aantal wedstryde ons skool as skeidsregters verteenwoordig. Verder het ons twee dogters opgelei as tyd- en tellinghouers. Ons is trots op ons dogters wat op so ‘n professionele manier diens gedoen het en beplan om in die toekoms weer geleenthede te gee waar hulle hulself op ander maniere as net speelsters, kan ontwikkel. Ons dogters werk altyd hard en netbal wen.

Netbaldrag is by ons amptelike uitrusters (Parktown Stores) beskikbaar. Ons beveel ook aan dat dogters klere wat nog in ‘n goeie toestand is, maar te klein is om weer ‘n volgende seisoen te gebruik, onder mekaar verkoop.

Oefentye in 2018 is onderworpe aan die atletiekseisoen se datums en oeftentye. Gewoonlik is Dinsdae en Donderdae gereserveer vir sport oefening maar aangesien ons net twee bane en vier ouderdomsgroepe het, sal alternatiewe oefentye oorweeg word. Besonderhede sal so gou dit moontlik is, deurgegee word.

Advertensie

Advertensie