Sporthoof: Mnr D B Maré
Organiseerders:    Mev C Appelgryn   &   Mnr M Viljoen

Afrigter:    Mev. C Appelgryn
Spanne: O/15 A+B O/17 O/19

Skaak word op skoolvlak sterk bevorder deur die SA skaakfederasie asook die SA skaakassosiasie. Daar is jaarliks ‘n individuele sowel as spantoernooi op provinsiale vlak.

Tumi Lekanie en Nico Botha het deurgedring na die individuele rondte. Die o/15- en o/19 spanne was ligawenners en het in die finale rondte gespeel. Dit is ook die eerste jaar dat ons ‘n meisiespan by o/15 kon inskryf.

Skaak vereis ‘n besonderse soort denkwyse en kinders is veral lief vir die spel. Dit is belangrik om te onthou dat goeie verloorders goeie wenners ook kan maak.

‘n Span bestaan uit 6 spelers en kan ‘n seun of dogter wees met 1 reserwe.

Skaak dra by tot akademiese, logiese – en sosiale ontwikkekling.

In ons distrik (Tshwane-Wes) word daar teen 9 ander skole deelgeneem.

o/15 A het deur gegaan na die distrik ronte in Julie.

Skaak kan gemaklik as ‘n 2de sport beoefen word saam met rugby, netbal, krieket en sagtebal.

Oefendae is op Dinsdae & Donderdae, wedstryde vind gewoonlik op oefendae plaas.

Advertensie

Advertensie